| In die video hieronder, verduidelik ek die struktuur van die 5-Minute Bybelskool en presies hoe dit werk. Nadat u hierdie video gekyk het behoort u te weet hoe om gebruik te maak van ons Bybleskoolmateriaal sowel as die e-sword-Bybelprogram en hoe om die program effektief in u studies aan te wend. Aan die onderkant van die bladsy, onder die video, is die indeks van die Bybelskoolbladsye en 'n lys van die lesse wat dit insluit. Kliek net eenvoudig op die bladsynommer en die bladsy sal oopmaak. Ek stel voor dat u die e-sword-Bybelprogram van die internet aflaai wat 'n groot hulp in u studies sal wees. Kliek hier vir meer inligting oor e-sword-Bybel program. Nota: Sou u verkies om die 5-Minute Bybelskool deur die pos te doen sal ons die CD's/DVD's van die lesse, die nodige dokumentasie sowel as die CD's/DVD's van bygevoegde preke nodig vir verdere studie, aan u pos. Die koste verbonde aan die Bybelskool deur die pos, beloop ZAR200.00 vir 10 lesse - dis slegs om die kostes van die materiaal en posgeld te dek. Indien u buite Suid-Afrika woon, kontak ons gerus vir verdere inligting. As u oor 'n kopie van ons Bybelskoolmateriaal beskik, is u vry om kopieƫ te maak - maar slegs vir kostelose verspreiding. Dim lights Embed Embed this video on your site As die video onduidelik was, laai dan die Hoƫ kwaliteit Video af wat beter beeldkwaliteit het. Laai Af (regs kliek om af te laai) (Nota: Dit mag 'n ruk neem, afhangende van u internetspoed) Ek stel voor dat u die e-sword-Bybelprogram van die internet aflaai as hulp met u studies. Kliek hier vir meer inligting oor e-sword-Bybelprogram. Add this page to your favorite Social Bookmarking websites |
Content View Hits : 4858209
| Verwelkoming |

