Les 2 - Die Liefde van God - Sessie 3

Die samevatting van liefde in die Bybel is hoe lief God ons het - onvoorwaardelik - en nie hoe lief ons vir God en vir ons naaste moet wees nie.

Dim lights Embed Embed this video on your site

Laai Video Af (regs kliek om af te laai)

Laai Audio Af (regs kliek om af te laai)

 

Opsomming

Die liefde van God vir ons word gekenmerk deur wat Hy vir ons gee en nie deur wat Hy uit die verhouding met ons kan kry nie. Wat God van ons sê bring die beste in ons na vore. God vertroetel ons met Sy liefde op 'n praktiese wyse. Om ons lief te hê is nie net iets wat God in die verlede gedoen het nie, maar iets lewendigs wat in ons emosies werk. Die liefde van God is 'n ervaring wat ons het, dit is 'n emosie. Dit is die krag wat ons dring vanuit die diepte van ons wese wanneer ons iemand in pyn sien. Wanneer ons liefgehê voel en die emosie en passie wat ons nader aan God dryf, ervaar, is ons onder die krag van God se natuur, die krag van die Heilige Gees, die krag van kompassie.

Skrifte

Hos. 11:8-9; Eseg. 16:1-13; Ex. 34:5-8

Vrae

1. Is dit moontlik om die krag van God te ervaar?

2. Wat beweeg ons om liefde en kompassie teenoor ander mense te hê?

3. Is die liefde van God oor 'gee' of 'ontvang'?

4. Wat is die resultaat van 'n verkeerde persepsie omtrent die liefde van God?

5. Wat dink jy is die belangrikste resultaat om die onvoorwaardelike liefde van God te verstaan?

 

 

E-pos u antwoorde en verklarings na: 5minutebibleschool@dynamicministries.com



Add this page to your favorite Social Bookmarking websites