Les 4 - Die Vervulling van die Wet - Sessie 3

Ons verstaan dat die oorsprong, doel en vervulling van die Wet 'n geweldige groot impak op ons verhouding met God het.

Dim lights Embed Embed this video on your site

Laai Video Af (regs kliek om af te laai)

Laai Audio Af (regs kliek om af te laai)

 

Opsomming

Die Wet het 2 aspekte:


1. Om gehoorsaam te wees sodat jy seëninge kan ontvang; en
2. Wanneer jy ongehoorsaam is, hou dit straf en die gevolglike vloek en dood vir jou in.


Omdat die mens nooit die hele Wet kon gehoorsaam nie, was hy sondig en uitgelewer aan die gevolglike straf, vloek en dood. Al manier hoe die mens se sonde weggeneem kon word, was om die Wet in 'n geskrewe formaat te gee, sodat dit vervul (ten volle gehoorsaam) kon word. Jesus het nie gekom om die Wet te vernietig nie, maar om dit namens ons te gehoorsaam en so te vervul. Toe Adam gesondig het, was hy die verteenwoordiger van die mensdom en het hy die sisteem van sonde en dood tussen mens en God geïmplementeer. Jesus, as die tweede Adam en verteenwoordiger van die mensdom, het gekom om die Wet namens ons te vervul.


Wat Jesus vir ons gedoen het, is tweeledig:


1. Jesus het die hele Wet namens ons gehoorsaam sodat ons geseënd kan wees; en
2. Jesus het die strafgedeelte van ons sondes op Sy liggaam gedra en 'n vloek geword, sodat ons geregtig voor God kan wees.

Boodskappe om na te Kyk in die Boodskap Argiewe

Die "Vervulling van die Wet"-reeks

Skrifte

Matt. 5:17; Rom. 8:1-4; 1 Kor. 15:55 -56; Hand. 13:38-39

Vrae

1. Beskryf hoe die beginsel van “verteenwoordiging" die vervulling van die wet beïnvloed het.

2. Bespreek die twee aspekte van die wet en hoe dit vervul was.

3. Hoe maak ons die “vervulling van die Wet" ons eie?

 

Laai pdf af

 

E-pos u antwoorde en verklarings na: 5minutebibleschool@dynamicministries.com


Add this page to your favorite Social Bookmarking websites