Les 5 - Liefde vir Mense

Liefde vir mense is die uitvloeisel van ons liefdesverhouding met God, en nie 'n daad van ons eie pogings of selfdissipline nie.

Dim lights Embed Embed this video on your site

Laai Video Af (regs kliek om af te laai)

Laai Audio Af (regs kliek om af te laai)

 

Opsomming

As christene behoort dit vir ons maklik te wees om mekaar lief te hê.Ons kan egter nie ander mense werklik liefhê as ons nie eers die liefde van God ontvang het nie. Liefde is nie 'n keuse nie. God het ons lief met emosie, 'n karaktereienskap binne-in Sy wese. God IS liefde, Hy besit nie net liefde nie. Wanneer ons uit God gebore is en Hom ken, sal ons mekaar liefhê. Ons moet op 'n plek kom waar die liefde van God uit ons lewens na ander mense vloei; waar Sy liefde in ons lewens manifesteer. Die liefde van God verander ons na Sy gelykheid.

Skrifte

1 Joh. 4:7-11; Gal. 5:22-23 (Liefde is ‘n vrug van die Gees); 1 Kor.1:21 (let op wat wêreldse wysheid nie kon vermag nie); Lukas 7:46-47

Vrae

1. Sal ons mense kan lief hê deur net hard genoeg te probeer?

2. Wat is die voorwaarde om mense lief te hê?

3. Wat is die oorsprong van liefde in ons harte teenoor ander mense?

4. Bestudeer die woord "that" in Joh. 15:12&17 en gee jou interpretasie van die twee skrifte.

5. Verduidelik Lukas 7:46-47

 

 

E-pos u antwoorde en verklarings na: 5minutebibleschool@dynamicministries.com



Add this page to your favorite Social Bookmarking websites