Les 6 - Om Vrug te Dra

Ons kan nie deur ons eie pogings vrug dra nie. Om vrug te dra is 'n resultaat van die openbaring van die Liefde van God en van wat Jesus vir ons verniet gedoen het.

Dim lights Embed Embed this video on your site

Laai Video Af (regs kliek om af te laai)

Laai Audio Af (regs kliek om af te laai)

 

Opsomming

Ons moet versigtig wees om nie van “vrug dra" n wettiese aangeleentheid te maak nie. Ons kan nie uit ons eie vermoëns vrug dra nie. In werklikheid is dit maklik om vrug te dra. Deur die Woord van God word ons skoongemaak van ons sondes en van ons verkeerde manier van glo rondom God; skoongemaak van ons wettiese denkswyse. Eers wanneer ons so gereinig is, kan God se Gees in ons vrug dra. Vrug is 'n produk van die genade van God in ons lewens, en nie ons ywer vir God nie. Vrug is die resultaat van Jesus Christus se lewe in en deur my.

Boodskappe om na te Kyk in die Boodskap Argiewe

"Born of God"-reeks
"You Cannot Bear Fruit by your Own Efforts"-reeks

Skrifte

Gal. 5:22-23; Joh. 15:1-8; Matt. 13:1-8 & 18-23; Rom. 6:20-22; Rom. 7:5-11; Kol. 1:6

Vrae

1. Gee 'n kort verduideliking van "om vrug te dra" en die belangrikheid om die Woord volgens Matteus 13:1-8 en 18-23 te verstaan.

2. Kan ons deur ons eie ywer vrug dra? Indien nie, hoekom nie?

3. Verduidelik die begrip "Vrug is 'n resulltaat, nie ywer nie".

4. Wie is die oorsprong van vrug wat beskryf word in Galasiërs 5:22-23?

5. Die enigste manier om vrug te dra is deur die krag van .........

6. Bestudeer Filippense 4:17. Verduidelik die konteks daarvan.

7. Soek 10 Bybelskrifte wat “vrug dra" as 'n resultaat, en nie 'n werk nie, beskryf.

 

 

E-pos u antwoorde en verklarings na: 5minutebibleschool@dynamicministries.com



Add this page to your favorite Social Bookmarking websites